Die tema vir vanoggend 16 Julie se erediens is : ” God die Korrespondent se mense van papier”. Die Skriflesing is 2 Korintiërs 3: 1 tot 11 met vers 3 as teksvers.
Die erediens word gelei deur dr Johannes Bingle, emerituspredikant van die GK Windhoek.
Ons sing vanoggend Lied 169: 2 en 3 as votum; Psalm 149: 1 en 2; Skrifberyming 2-4:2; Psalm 143:3; Psalm 45:1,7,9 en 10 en sluit af met die amenlied: Skrifberyming 13-3.
U kan die liturgie soos opgestel deur dr Johannes volg deur op “Sketse” op ons voorblad te klik.
U kan saam met ons deelneem aan die erediens deur hieronder op die pyltjie te klik of te klik op YouTube onderaan hierdie bladsy of op “Video” op die voorblad. Die oudio-weergawe van die erediens is ook beskikbaar deur op die betrokke oudio te klik.
Die videoweergawes van die afgelope jaar se eredienste is ook op YouTube beskikbaar.