Skip to content
Menu

Die tema vir die erediens wat dr Douw vanoggend lei, is: “Ons is familie.Volhard.”

Die Skriflesing is Openbaring 1 met vers 9 as teksvers.

  • Ons is familie, Gelowiges, en deelgenote.
  • “Volhard in Christus” is ‘n geskenk aan hierdie familie.
  • Volharding is nie vanweë ‘n tekort aan verdrukking nie.\
  • Volhard, Gelowige. Jy deel in die koninkryk.

U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad van ons webwerf te klik.

Ons sing vanoggend Lied 163 (vooraf); Psalm 33:5 en 9; Psalm 18:12 en 14; Psalm 146:8 (as deel van die doop) en Psalm 103:8,9 en 10.

Ons nooi u uit om saam met ons deel te neem aan die erediens deur op die pyltjie hieronder te klik vir die video-uitsending. U kan ook die skakel met YouTube te gebruik of deur op “Video” op die voorblad te klik.

Tydens die diens word Heleen, die verbondsdogtertjie van Wim en Theuni van Tonder, gedoop.