Skip to content
Menu

Ons verneem dat die tiende vergadering van die Streeksinode Pretoria vanaf more 21 tot Woensdag 22 November in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk  Akasia plaasvind. Die Streeksinode bestaan uit die volgende Klassisse : Pretoria Moot, Oostelike Pretoria, Pretoria-Suidwes en Trans Magalies.

Volgens die agenda gaan tyd o.a. spandeer word aan gravamen en apelle van die GK Wapadrand asook aan sustentasie aan die gemeentes Rooiwal, Mmakau en Olieven Christian Church. ‘n Verslag oor die werksaamhede van die Trans-Oranje Instituut vir Buitengewone Onerwys gaan ook aandag geniet.

Die aanbeveling ten opsigte van ramings vanweë die Streeksinode is dat dit onveranderd bly soos volg :

  • Streeksinode – R1.00
  • Sustentasie – R17.00
  • Trans-Oranje Instituut – R3.00
  • Aros – R1.10
  • Mootkamp – R1.00

Aangesien die amptelike werksaamhede van die sinode in beide Afrikaans en Engels plaasvind moet dit soos nodig getolk word. Tolkdienste  word gratis deur die Noordwes Universiteit verskaf.

Die volgende amptelike Sinode van die GKSA vind vanaf 9 Januarie plaas te Potchefstroom en is geskeduleer om tot 19 Januarie plaas te vind indien nodig. Afgevaardigdes moet daarvoor aangewys word.