Die Skriflesing vir vanoggend 26 November is Miga 4:14 tot 5:14 met Miga 5:1 as teksvers.
Die tema is :“Uit die geringe Bethlehem kom ‘n grootse Heerser”
Die grootsheid van die Heerser :
- Hy kom uit die geringe Bethlehem
- Hy is gerig op sy Sender
- Hy is ‘n Herder.
Die volledige preekskets vind u deur te klik op Sketse op ons webwerf se voorblad.
Volgende Sondag sal die tema DV voortgesit word met die onderwerp :”Grootsheid van die Heerser : die Heerser se volgelinge”
Ons sing vanoggend Lied 169:1, 2 en 3 (vooraf); Psalm 150:1 en 3; Psalm 77:5 en 6 en Psalm 89:2, 12 en 14.
U kan die erediens in video en/of oudioformaat volg.