Die Skriflesing tydens vanoggend 3 Desember se erediens is Miga 4:14 tot 5:14 met vers 4a as teksvers. Die tema is:“Terwyl ek midde in onvrede leef, is die Heerser-herder wat vrede is, my vrede”.
- Die Heerser uit Bethlehem is vrede en ook my vrede.
- Omdat die Heerser-herder my vrede is, het ek vrede in ‘n wêreld vol onvrede.
- Omdat Hy my vrede is, het ek die mense sonder vrede in die oog.
U sal die volledige preekskets vind as u op Sketse op die voorblad klik.
Ons sing vanoggend Psalm 104 :10 (almal, 12 (susters), 17 (broeders) 20 (almal); Psalm 139:1 en 12; Psalm 128:4; Psalm 105:5 en Psalm 84:3 en 4.
Sr. Truter bely vanoggend haar geloof en daarna word haar en br. Truter se babaseuntjie gedoop en dit vind alles tydens die erediens plaas.
U kan die erediens in videoformaat volg deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik. Die diens is ook in oudio beskikbaar as u op Oudio op ons voorblad klik.