Bybelstudie vir Donderdag 24 Mei 2018
Groepe 1 en 3 en die groep te Huis Nazareth doen die volgende :
Lees Johannes 15:18-16:4. Die klem van die Bybelstudie sal op 15:26 val.
- Hoe gebeur dit volgens vers 19 dat gelowiges nie tot die wêreld (die heidendom) behoort nie?
- Wat moet Jesus se volgelinge volgens verse 18 en 20 onthou wanneer die wêreld teenoor hulle vyandig is en hoekom sal dit hulle help om die vervolging te verwerk?
- Wat is die kernoorsaak volgens vers 21 waarom die wêreld negatief reageer wanneer die gelowiges die evangelie verkondig?
- Hoekom sou mense wat die evangelie verwerp, volgens verse 22-24, nooit kan beweer dat hulle onskuldig is in hulle optrede nie?
- Wat sal die Voorspraak (die Heilige Gees/Parakleet) volgens vers 26 in antwoord op die vyandigheid van die wêreld doen? (wenk: duidelik nie ook vyandig optree nie.)
- Jesus se volgelinge behoort nie die vyandigheid van die wêreld met vyandigheid te beantwoord nie. Motiveer uit vers 27.
- Wat behoort die gelowiges dan volgens vers 27 te doen?
- Die Voorspraak (Heilige Gees/Parakleet) se getuienis sal in hierdie wêreld sigbaar word wanneer gelowiges getuig. Motiveer uit vers 26-27.
- Die gelowiges sal vanweë die Heilige Gees se werking wel in staat wees om te midde van vyandigheid te “getuig.” Motiveer uit vers 26-27.
- Die kern van wat Jesus se volgelinge in hierdie wêreld moet getuig, handel oor Jesus Christus. Motiveer uit vers 26-27.
- Vergelyk Johannes 14:26 en Johannes 15:26. Watter ooreenkomste sien u in die twee verse en watter verskille bemerk u? Dink u die verskille dui op teenstrydighede? Motiveer u antwoord.