Skip to content
Menu

1 Korinthiërs 1:18-2:5
HK Sondag 25

‘My lering en my verkondiging het nie berus op oorredende woorde van wysheid nie, maar op bewyse van die Gees en van krag, sodat julle geloof nie op die wysheid van mense berus nie, maar op die krag van God.’

DIE HEILIGE GEES WERK MET GENADEMIDDELE IN ONS HARTE

Weet jy waar geloof vandaan kom?  Die geloof in Jesus Christus, waarmee jy Hom liefhet, Hom vertrou en Hom volg? Weet jy hoekom sommige mense glo en ander nie? Wat kan ‘n mens doen om tot geloof te kom? Weet jy waar jou eie geloof versterk word wanneer jy dit nodig het? Of waar jy vir iemand anders die pad kan wys wat so graag wil glo, maar dit nie regkry nie? Hoe ontvang ek geloof? ‘n Belangrike vraag vir jouself of vir ‘n ander. Want geloof in Jesus Christus is belangrik. God sê immers dat jy deur geloof gered word, sy koninkryk ingaan, vrede ontvang, waarlik gelukkig word en die ewige lewe kry. Dit is pragtige dinge. Dit is volledig vir jou uitgelê deur God se genade in Christus. Dit maak jou lewe ryk. Geloof is om te aanvaar wat God vir jou gee. Deur geloof te gee stel die Here jou daartoe in staat. Geloof kom van die Heilige Gees. Die Heilige Gees gebruik metodes om dit te bewerk. Middele wat jy kan soek en gebruik. Bid en vertrou dat die Here daardeur geloof gee en geloof versterk. Dit is aardse middele met ‘n goddelike doel. So sien ons dit in die praktyk gebeur – Die genade wat God ons in die prediking laat hoor, dit versterk Hy in ons harte deur die gebruik van sakramente.

1. Die Woord staan voor die sakramente
2. Die Woord word bevestig deur die sakramente
3. Die Woord is in eenheid met die sakramente