Skip to content
Menu

Lees 1 Korintiërs 16:13-24
Teks: vers 22

“ANATHEMA” EN “MARANA THA”

My gebed vir die wederkoms is enersyds eenvoudig, maar andersyds baie ingewikkeld.

Die eenvoud en die ingewikkeldheid van my gebed vir die wederkoms het alles met die beskuldigdebank tydens die wederkoms te doen.

Die Gees gee ons nou al ‘n helder visie op die beskuldigdebank met die wederkoms.

Ek verstaan nou al: dat die Here nie in die beskuldigde bank hoort nie, dat gelowiges nie in die beskuldigde bank hoort nie en dat hulle wat nie vir die Here lief is nie, nou al reeds in die beskuldigdebank staan.