Op Sondag 18 November het ons gemeente ons jaarlikse Kersprogram en ete gehad. Met pragtige musiek rondom die Kersgebeure het die fluitensemble, Die Loeries, en die Van Staden Trio opgetree. Die gemeente het ook hartlik saamgesing. Daarna het ons heerlike versnaperinge in die saal geniet en lekker gekuier.
Kyk na fotos van die dag.