MojoShow
Met ons eie Marliza Eloff & Andriette van Rooyen
“Forbidden Freedom” Seminaar
as Sharon Taylor-Steyn & Mavis-Mari Meyburgh
Broeders en susters, onthou om u kaartjies te koop vir die SKREEUSNAAKSE vertoning van “Mojo” op Vrydagaand 19 April om 19:00. Kom ons trek in groot getalle op om die heerlike, komiese fondsinsamelings-geleentheid mee te maak! Bring u vriende, familie, kinders en ouers en kom kuier lekker saam. Die susters wil graag hierdie jaar ondersteuning bied aan die Paul Krugerkinderhuis in Reddersburg, daarom wil ons graag ons fondse aanvul.
Die kostes is R100 per persoon wat die vertoning bywoon en R30 per kind wat saam kom maar nie die vertoning gaan bywoon nie (vir hulle word ‘n ander aktiwiteit gereël). Dit sluit peuselhappies en ‘n drankie vooraf in.
Om te bespreek, skakel vir Nienke van der Walt by 012 460 6925.