Ons maak met leedwese bekend die afsterwe van sr Claudia Nel Woensdag 7 Augustus in die ouderdom van byna 87 jaar. Sr Claudia was een van die eerste lidmate tydens die stigting van die gemeente 50 jaar gelede. Die begrafnis vind komende Woensdag 14 Augustus om 13.00 plaas en die troosdiens daarna om 14.30 in ons kerkgebou. Ons harte gaan uit na die familie en ons dra hulle aan ons Hemelse Vader op vir tro0s in die moeilike tyd wat hulle nou beleef.