‘n Aksie in ons gemeente, om saam met die Fakulteit Teologie van die NWU teologiese opleiding in Gwero (Zimbabwe) via die witbordtegnologie aan te bied, is reeds ver gevorder. Die Kuratore van die GKSA het kennis geneem van hierdie projek en het besluit dat die GKSA se teologiese studente ook mooontlik op hierdie wyse kan studeer – dit is as hulle nie na Potchefstroom kan kom nie. Dr Douw en br Hannes Steenekamp (Waterkloofrand) is deur die Kuratore Dagbestuur aangewys om saam met proff. A le Roux du Plooy, Fika Janse van Rensburg en br Louis Kruger (GK Randburg) op ‘n kommissie te dien wat hierdie moontlikheid in fyn besonderhede moet ondersoek. Die bedoeling is dat, indien die projek werkbaar is, die eerste twee sentra reeds in 2014 klasse sal begin aanbied