Skip to content
Menu

Die tema is :

* God versterk ons wanneer dit lyk of Hy afwesig is

* God versterk ons in tye van twyfel

* Ons word versterk al word die verlossingsplan verwerp

* Ons word versterk tot ‘n lewe in vryheid

Volgstuk vir die Kers-program

 ASagaria en Elizabet : God versterk ons wanneer dit lyk of Hy afwesig is.

Polities het dit met God se volk sleg gegaan: Die Romeine regeer. Wat het van die belofte geword?

Sing twee van die beloftes: Belofte in 2 Sam. (Ps. 89:2) en die belofte in Jesaja 9 (L330:3)

Israel was ook erg verdeel:

Fariseërs, Sadduseërs, Selote, Herodiane, Esseners en dit ondanks die heerlike beloftes van God: Gen. 3;15, Miga. 5:1 en Mal. 4:5-6.

Maar dan begin God se nuwe bedeling met twee mense met spesifieke name:

GOD-HET-ONTHOU en GOD-IS-MY-EED.  Wat ʼn heerlike versekering ontvang ons!

Nadenke in stilte: Jes. 49:15

Sang: Sb. 14-2 Vertroue al lyk alles donker

BJohannes : God versterk ons in tye van twyfel 

God se verlossingsplan word begroet met twyfel en skeptisisme

Dit is die priester met die naam GOD-IS-GETROU wat twyfel en skepties is (Luk. 1:10-18)

– In sy genade gaan God bo-oor sy kind se twyfel en skeptisisme

Die kind wat gebore sal word se naam moet GOD-IS-GENADIG wees (Luk. 1:57-66)

– God se genade skitter in dit wat daarna met die priester gebeur

Hy ontvang die genade om die kind se naam aan te kondig. Hy noem hom: GOD-IS-GENADIG. (Luk 1:57-66)

Hy sing ʼn loflied oor God se trou. Luk. 1:67-79

– Nadenke in stilte: Mk. 9:23-24

– Sang: Lied 319:1, 2, 3

C.  Gabriël:

Ons word versterk al word die verlossingsplan verwerp en is daar selfs aktiewe weerstand.

– God se verlossingsplan word verwerp

Dit is sy eie mense wat dit verwerp (Joh. 1:6-11)

– Daar is ook aktiewe weerstand teen die plan

Die kindertjies van Betlehem word vermoor (Matt 2:16-18)

– Die engel wat God stuur, dra ʼn spesifieke naam

Sy naam is Gabriël, GOD-IS-MAGTIG (Luk 1:19)

– Die verwerping en weerstand stuit nie God se plan nie.

Joh. 1:11-13 en Matt 2:13-14

– Nadenke in stilte: 2 Kron.20:6

– Sang: Lied 344:1, 2, 3

D.  Josef, Maria en Jesus:

Ons word versterk tot ʼn lewe in vryheid 

– Die klem val op die Naam van die Kind

Die ouers se name, Josef en Maria, is niksseggend (Luk 1:27-31 en Matt 1:19-20).

Die klem val op die Kind se Naam: DIE-HERE-VERLOS (Luk1:31 en Matt. 1:21)

– Deur die Kind met die Naam DIE-HERE-VERLOS bring God sy kinders tot ʼn lewe van bevryding

– Sang: Lied 348:1, 2, 3

 

Ons is bevry tot:

  • vertroue en onvoorwaardelike gehoorsaamheid

– Luk 1:34-35 en Matt. 1:24-25

– Nadenke in stilte: Ps. 13:6.

– Sang: Lied 354:1, 2, 3, 4

  • verwondering

– Die eenvoud van die gebeure (Luk 2:5-7)

– Sang: Lied 353:1, 2, 3

– Die verwondering by die mense as die skaapwagters opdaag (Luk 2:5-7).

­- Nadenke in stilte: Joh.1:14 en Heb. 1:3

– Sang Lied 364:1, 2, 3

– Verwondering by die moeder (Luk. 2:19)

– MARIA ( Elisabeth Eybers)

  • aanbidding en verheerliking

– Die engele aanbid Hom (Luk 2:8-14)

– Sang Lied 365:1, 2, 3

– Die sterrekykers kniel en bring hulde (Matt. 2:1-2 en 9-11)

– Nadenke in stilte: Op. 5:13

– Sang L 358:1, 2, 3

  • vrede, insig en dankbaarheid

– Simeon se vrede en insig aangaande die nasies en Israel (Luk. 2:29-32)

Die bejaarde weduwee, Anna (Luk. 2:36-38)

– Nadenke in stilte: Fil. 4:6-7

– Sang Lied 345:1, 2, 3

E.  Slot

Hierdie Seun, DIE-HERE-VERLOS is die Een wat ons verander en ons konings en priesters maak.  Hy is die een wat ons terug verwag.

Sang: Sb. 1-2:1, 2, 3