Ondersteuning word gelewer aan die Wolmer Gemeenskapsprojek, ‘n goedgeorganisserde projek wat uitstekende werk in die noorde van Pretoriua doen
Baie dankie vir die lidmate wat so mildelik bygedra het einde verlede jaar. Ons kon aan heelwat behoeftige gesinne kos en ander kruideniersware voorsien oor die feestyd.
Neem asb kennis van die volgende:
Die projek gaan voort en die emmers is agter in die saal beskikbaar. Lidmate kan `n emmer neem en dit oor `n paar maande volmaak met kruideniersware ( nie nodig om alles in een maand te koop nie). Sodra die emmer gevul is kan u dit terugbring kerk toe en ons sal die aan die mense in Wolmer besorg.
Ons benodig heelwat klerehangers omdat die klere netjies opgehang en uitgestal word.. Die klere wat ons skenk aan die Wolmer Gemeenskapsprojek word in twee groot vertrekke opgehang en die behoeftige mense kan 2x per jaar 3 stelle klere kom uitsoek vir hulle en hulle gesinne
U kan voortgaan om die plastiekbakkies bymekaar te maak. Dit word gebruik om kos in te verpak en te versprei.
Enige huishoudelike artikel in werkende toestand kan gebruik word bv. Ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, beddens ens. Laat weet as u items het en ons sal dit laat afhaal by u huis.
|
Ons nooi vrywilligers in die gemeente, wat wil betrokke raak by Sosiale Hulpverlening in Tshwane (met die oog op Evangelisasie), uit om kontak te maak met Ouderlinge Rudi Delport ( 082 881 2741) of Jan du Preez 082 576 7070). Ekstra “hande” en “planmakers” sal waardeer word.
|