Skip to content
Menu

Die huidige evangelisasie wat ons gemeente aan uitvoering gee, het baie fasette. Een belangrike faset is die gebruik van die internet.

‘n Bietjie agtergrond: hoewel ons geen aktiewe bemarking gedoen het nie, het die “bywoningsyfer” van ons gemeente se preekuitsendings gegroei tot meer as 800 per maand. Dit is iets waaroor ons baie dankbaar is. Dit is o.a. te danke aaan suiwere woordverkondiging en die feit dat die diens beskikbaar is. Dit is vir ons duidelik dat hierdie diens wat ons lewer die potensiaal het om nog baie meer mense te bereik en op ‘n baie meer effektiewe manier. Dit is egter baie belangrik dat ons die gebreke en beperkings waarmee ons tans met uitsendings mee spook, moet oorkom. Van ons rekenaartoerusting is baie oud, onstabiel en nie meer geskik nie.

Na deeglike oorweging het die Kerkraad besluit om hierdie diens te verbeter en sodoende meer doeltreffend in God se koninkryk te dien.

Ons beplan om o.a. die volgende te doen :

* ons afhankilkiheid van die buitelandse verskaffer moontlik te verminder en nie meer blootgestel te wees aan die probleme wat die verskaffer dikwels ervaar nie.

* die ou rekenaar te vervang met ‘n rekenaar wat kragtig genoeg sal wees om elke Sondag 2 video-uitsendings te doen.

* die rekenaarprogram wat gebruik sal word, so te skryf dat die video-uitsendings agterna aflaaibaar is.

* as gemeente ‘n effektiewe bewusmakingsaksie te loods as deel van ons gemeente se uitdra van die Blye Boodskap.

Indien dit vir u moontlik is, sal u nou al die projek kan ondersteun deur :

* as u kundig is, u hulp aan te bied met die uitbreiding van die bestaande webwerf.

* ‘n finansiële bydrae te maak vir die aankoop van ‘n geskikte rekenaar, die programmatuur en die videotoerusting.

* ‘n bydrae tot die maandelikse uitgawes van die diens, bv. die internetkoste.

Skakel gerus Gerhardt Koekemoer by 012 346 0329 in bogenoemde verband.

(Ander lede van die ad hockommissie is Gerrit Broos, Daniël du Plessis en Henry van Staden.

Die inisiatief van die Kerkraad skep ‘n ideale geleentheid vir elkeen van ons wat ernstig voel oor ons roepin g om die evangelie uit te dra! Ons belpan om die lewendige diens op verksies maklike maniere bekend te maak. Ons sal later meer besonderhede gee wvan wat ons beplan