Die tema van vanoggend se erediens, gelei deur Ds Rassie Smit (emeritus van Magalieskruin), is ” ‘n Loflied tot eer van God. Daarvoor lees ons 1 Petrus 1 en vers 3 is die teksvers.
Die lofsang tydens die erediens is Psalm 89:1; Skrifberyming 12-3 : 1 en 2; Psalm 84 : 6; Psalm 30 : 1 en 3 en Psalm 118 ; 2 en 4.
Tydens vanaand se erediens gaan die tema ” Here, ek wil u dien en loof” aan die orde kom. Daarvoor word Psalm 6 gelees en dien verse 3 en 6 as teksverse.
Die sang is Psalm 148:1; Psalm 28 : 1,2 en 6; Psalm 38 : 1 en 7 en Psalm 147 : 1, 2 en 7.