Skip to content
Menu

Hulle wat geregverdig is, antwoord met insig op swaarkry.
Swaarkry sal altyd dreig om ons te beroof maar
* vir mense wat geregverdig is, is weghardloop nie ‘n antwoord nie en dus
* omdat geregverdigdes “weet”, antwoord hulle triomfantelik op swaarkry.
Die Skiflesing vir vanoggend se erediens is Romeine 5 : 1 – 11 met vers 3a as teksvers.
Ons sing vanoggend vooraf Lied 190 :1,2 en 3;en dan Psalm 40 : 2 en 3; Psalm 4 ; 3 en 4 en Skrifberyming 12-6 verse 1,2,4 en 5.
Vanaand se erediens is ‘n ruildiens met die GK Derdepoort en dus lei ds Pieter le Roux die erediens.
Ds le Roux se Skriflesing is Markus 10 : 32-45 met 9 :35 as teksvers en hy gebruik as tema : “Christene wil dien, nie gedoen word nie”. Ons sing Psalm 66 : 1,5 en 6; Psalm 89:6 en Psalm 43 : 1 en 3.

U kan albei eredienste se video-uitsendings volg deur op YouTube onderaan die voorblad van ons webwerf te klik. Alternatiewelik is daar die Oudio-uitsendings wat u kan volg en/of aflaai.