Let mooi op hoe skitter God se mag in sy gelowiges ! Lees Daniël 12.
* God se mag skitter nie daarin dat sy kinders oor mag beskik nie.
* God se mag skitter in sy gelowiges.
U kan die volledige preekskets vir vanoggend se erediens vind deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Ps.145 : 1,2 en 12; Ps.20 : 1,2,4 en 5; Skrifberyming 5-3 ; 1 en 2 en Ps 134 : 4.
Vanaand se erediens handel oor drastiese nuwe denke en nuwe dade wat van ons gevra word en daarvoor word aandag geskenk aan Mattheus 11 : 20 – 30. Ons sing vanaand Lied 200 : 1 en 2; Ps. 67 : 1,2 en 3; en Ps. 149 : 1,2 en 4.
U kan op beide eredienste inklik (as beurtkrag dit toelaat) deur op die voorblad ter klik opo YouTube.