Skip to content
Menu

Helpende Harte is ‘n groep dames wat namens die susters van GK Waterkloofrand die President Kruger Kinderhuis ondersteun.
In 2015 gaan daar op die versorgers gefokus word. ‘n Behoeftepeiling is gedoen en die grootste behoefte lê by items wat die versorgers se taak sal vergemaklik.

Hou in die volgende maand die kennisgewingborde by die kerk dop vir ‘n plakkaat met die behoeftes op. Daar sal dan ook ‘n houer wees waarin die bydraes geplaas kan word. Intussen is hieronder ‘n bondige lys van die behoeftes. Die idee is om eerstens ongebruikte items in ‘n goeie toestand uit ons eie huise te skenk, maar elkeen kan bydra soos hy/sy aangespreek voel. Dit is so eenvoudig soos om bv pilhouertjies, tydskrifte of toiletrolletjies te versamel.
Benodigdhede is
Potte, panne, kombuisgereedskap
Ou tydskrifte vir huiswerkprojekte
Storieboeke, woordeboeke, atlasse
Kunsmateriaal, houertjies
Musiekinstrumente
Speelgoed, legkaarte, balle
Swart psalmboeke
Inteken op Vroueblad en Kerkblad
Inteken op Slingervel en Kruispad
Yskaste
TV-kabinet met deurtjies wat kan sluit
CD-speler
Videomasjien
DVD’s
Ons het reeds ‘n skenking van stofsuiers gekry en dit is afgegee aan die Kinderhuis.
Op die 17 April het ons ‘n wonderlike geleentheid gehad om saam met die kinders geskenkmandjies vir elke versorger (huismoeder) te maak. Elke kind het ‘n badproduk vir sy/haar versorger gemaak. Daarna is dit saam verpak in ‘n mooi geskenk wat hulle op Moedersdag kan oorhandig. Ons het baie pret gehad om die lekkerruikgoed soos seep, badsout en parfuum saam met hulle te maak.
Ons sal op ‘n gereelde basis ‘n artikel soos hierdie in die Waterkruik plaas. Hou die bo-staande logo dop vir enige kommunikasie aangaande die Kinderhuis. Enigiemand wat saam met ons betrokke wil wees, is welkom om ons te kontak – hoe meer hande, hoe meer helpende harte!
Sonnika Coetzee, 083 607 6533, sons@aromahaus.co.za
Elmarie Erasmus, 083 304 6204, elmarie.e@telkomsa.net