Ds Fanus Heystek, emerituspredikant van Akasia, lei vanaand se erediens. Die tema van die erediens is “Judas se einde(selfmoord)” en hy gebruik Matteus 27 :3-5 en Johannes 12 : 1-8 daarvoor.
Simpatie met Judas was daar van die vroegste tye af – vergelyk die sogenaamde “evangelies” van Judas Iskariot en Barnabas.
Sal Juda se berou/spyt (Matteus 27:3) tog uiteindelik genade vir hom bring?
Watter boodskap is daar vir ons oor sy einde/selfmoord?
Ons sing vanaand Ps. 111 : 1-4; Lied 241 : 1 en 2 uit die Liedboek van die Kerk en Ps. 103 : 2,5 en 9.
U kan die erediens volg deur op “oudio” of “video” op die voorblad te klik.