Skip to content
Menu

Vanoggend se erediens is ‘n voorbereidingsdiens met die oog op die Nagmaal volgende Sondag.

Die Skriflesing is 2 Timoteus 1:1 tot 10 met vers 7 as teksvers.
“Die Gees wat in my woon, rus my voortdurend en volledig toe teen lafhartigheid”.
* Lafhartigheid ondermyn openlike toewyding.
* Lafhartigheid moet eerstens nie met “wat” beantwoord nie maar met “Wie”
* Die Gees rus my volledig toe
– die Gees is ‘n Gees van krag.
– die Gees is ‘n Gees van liefde.
– die Gees is ‘n Gees van wyse beoordeling.
Die volledige preekskets vind u onder “Sketse” op die voorblad.

Ons sing vanoggend Lied 245 : 1 en 2; Ps.37 : 2,3 en 14; Ps.37 : 18 en 19 en Skrifberyming 8-3.

U kan inluister deur op “Oudio” op die voorblad te klik en inkyk deur op “Video” op die voorblad te klik