Uit Jakobus 1:1-18 (teksvers 16) kom dr Douw vanoggend by die tema van die diens :”Kry jou kop skoon met betrekking tot God”.
By die mense kom die moeder van alle misleiding voor : verwarring oor God.
Ons moet helderheid kry oor God
– Hy is die Vader van die hemelligte.
– elke goeie en volmaakte geskenk kom van Hom af.
– Hy is op pad na ‘n volle en heerlike oes.
Die volledige preekskets vind u deur op “Sketse” op die voorblad van die webwerf te klik.
Ons sing vanoggend Lied 241 : 1 en 3 (vooraf); Psalm 8: 1, 3 en 4; Psalm 34 : 3 en 4 en Psalm 19 : 1, 2 en 3
U kan die erediens volg deur in te luister (oudio) of in te kyk (video)
[youtube id=”0V5hJ6zuOOE”]