Vanoggend se erediens is ‘n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal volgende Sondag.
Die tema van vanoggend se erediens is : “Al raas dit hoe hard om jou, jy kan, Gelowige, die bemoedigende stem nie mis”. Openbaring 10 (teksvers 7) bring ons by die regte antwoorde en dien as versterking en bemoediging van die gelowiges.
Die engel se stem klink bo die lawaai uit :
- sy stem is soos die gebrul van ‘n leeu
- sy stem klink bo die verwarrende stemme uit
- daar waar hy staan getuig hy van die mag wat ons Here ontvang het.
U kan die volledige preekskets lees deur te klik op “Sketse” op die voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 184 : 1, 3 en 4; Ps. 136 : 1, 2, 19 en 20; Ps.34 : 7 en 8 en Skrifberyming 15-7 : 5 en 6
U kan die erediens volg deur direk hieronder te klik of te klik op YouTube (op die voorblad).
[youtube id=”CZXjhzzknBw”]
LW. NB. Vanaand se erediens neem die vorm aan van ‘n herdenking van die Kersgebeure en die hele aksie begin reeds om 18.00