Vanoggend vier ons die Heilige Nagmaal. Die Skriflesing is Openbaring 10 en die tema van die diens is : ” Laat hierdie kos deel word van jou gestel en moenie dan gaan slaap nie !”
U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 12-3 : 1 en 2 na die seën; Ps.86 : 1 en 3 tydens die lees van die formulier; Ps. 31 : 5 en 15 na die formulier; Ps. 23 : 1 en 3 voor Nagmaal; Ps. 116 tydens Nagmaal en Skrifberyming 1-2 : 1, 2 en 3 voor die seën.
In die lig van die landswye droogte sal daar tydens die diens ook verootmoediging gedoen word en die kollekte onder die diens sal afgesonder word vir Gereformeerde gemeentes wat swaar ly as gevolg van die droogte.
U kan die erediens direk volg op oudio of video.
Aangesien die nabetragting deel vorm van die Nagmaaldiens sal daar nie vanaand ‘n erediens in ons kerkgebou wees nie.
[youtube id=”Y_QrQZs1rHo”]