Vanoggend se erediens word gelei deur ds Nico Ligthelm, emerituspredikant van Alkantrant. Met die Skriflesing uit Jesaja 9 verse 1 tot 6 word daar in aanloop tot die Kersgety gefokus op Christus wat tegelyk God en mens is.
Ons sing vanoggend Ps.33 : 1 en 2; Ps.130 : 1 en 2; Ps.145 : 1 en 3 en Skrifberyming 5-1 : 6 en 7
U kan die erediens direk op video volg deur hieronder op die toepaslike teken te klik.
Vanaand se erediens word gelei deur dr Johannes Bingle, emerituspredikant van Windhoek