Die tema vir vanoggend 6 Maart, is “Die ‘oorwinning’ van die Bose beantwoord met die gewone” en dit word hanteer aan die hand van Lukas 8 :26 tot 39. Vers 39 is die teksvers.
U kan die volledige preekskets vind deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Lied 255 : 1 en 3 (vooraf); Psalm 10 : 9 en 10; Psalm 135 : 8, 9 en 11 en Skrifberyming 12-6 : 2, 3 en 5.
Tydens die erediens word die dogtertjie van Frederick en Celeste Steyn (hulle is die kinders van Jasper se Tobia Steyn en is hier vanaf oorsee) gedoop.
U kan die erediens volg in oudio- of video-formaat (klik hieronder vir video)
[youtube id=”OISkS1at35Q”]