Skip to content
Menu

Ons Diakonie reel ‘n groot gemeentemusiekaand vir Vrydagaand 14 Oktober wat sal plaasvind in die saal van die Laerskool Anton van Wouw.

“Doep is nie dood nie” is gewoonlik ‘n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die werk en lewensbeskouing van Koos du Plessis en word aangebied deur Jannie du Toit. Die Diakonie gaan hierdie vertoning met ‘n kinkel aanbied : Jannie du Toit gaan saam met die Laerskool Anton van Wouw se bekende kinderkoor (wat tans geweldig opgang maak) optree in hulle skoolsaal. Ons belowe u, dit gaan ‘n onvergeetlike aand wees. Ons wil graag u elkeen daar sien, asook u oupas en oumas, ooms en tannies, niggies en nefies, kinders, u vriende en u vriende se vriende. Dagboek sommer nou al 14 Oktober. Verdere besonderhede volg later.