Bybelstudie met die oog op Sondagoggend 14 Augustus se preek
Lees Efesiërs 1:3-14
Broeder/Suster,
Doen Bybelstudie aan die hand van die volgende vrae:
- Watter Persone van die goddelike Drie-eenheid word in vers 3 vermeld?
- In vers 3 word erken dat God lofwaardig is. Kan u in vers 4-14 nog 3 verse uitwys waar God se verheerliking ter sprake is.
- Wat word in vers 4-6 van die Vader gesê waarvoor Hy verheerlik moet word?
- Wat word in vers 7-12 van die Seun gesê waarvoor God verheerlik moet word?
- Wat word in vers 13-14 van die Heilige Gees gesê waarvoor God verheerlik moet word?
- Bid nou en verheerlik in jou gebed God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees vir dit wat jy van Hulle in die gedeelte geleer het.
****************