U moet dadelik die volgende datum in u dagboek aanteken : Vrydagaand 14 Oktober.
| Die tenoor Jannie du Toit saam met die Seniorkoor: Laerskool Anton van Wouw
|
Ter stywing van hulle fondse bied die Diakonie van Waterkloofrand die vertoning Doep-is-nie-Dood-nie aan met Jannie du Toit saam met die Seniorkoor van die Laerskool Anton van Wouw. En u hoef nie te kook daardie aand nie, want worsbroodjies sal te koop aangebied word voor die vertoning. Bestel solank u worsbroodjie om te verseker dat u een sal kry.
Wanneer? Vrydag 14 Oktober 2016 om 19h00
Waar? Skoolsaal van Laerskool Anton van Wouw
Iets te ete? Worsbroodjies @ R25, beskikbaar vanaf 18h00
Kaartjies is beskikbaar teen R120 per volwassene en hoërskoolleerder, en R50 per laerskoolleerder. Kinders wat nog nie in die skool is nie is gratis, maar geen sitplek sal vir hulle gereserveer word nie.
Kaartjies sal te koop aangebied word Sondae voor en na die oggenddiens. U kan ook vir Marjan 083 415 4179, Lisl 072 127 2361, Kittie 083 703 5727 of u Diaken kontak in die verband.
As u nie die vertoning kan bywoon nie is u welkom om iemand te borg wat dit nie kan bekostig nie. Enige skenking om die kostes van die kunstenaar en voorbereiding van die saal te dek sal verwelkom word.
Kom geniet die aand saam met ons en ondersteun hierdie verdienstelike saak – ons hoop om u almal daar te sien!
Naam: ______________________________________
Kaartjies R120 per volwassene en hoërskoolleerder, R50 per laerskoolleerder, R25 per worsbroodjie.
Ek benodig kaartjies vir myself – Volw: Leerder: Worsb:
Ek wil graag vir iemand borg – Volw: Leerder: Worsb:
Ek wil graag ‘n skenking maak van: TOTAAl VERSKULDIG: