Die Skriflesing vandag 18 Desember is Lukas 1:26 tot 45 en Lukas 11:14 tot 28 met as teksvers Lukas 11:28.
Dr Douw se tema vir die erediens is : “Net soos Maria, gehoorsame gelowige, is jy ook geseënd”.
- Maria is geseënd én geseënd.
- Jy, gehoorsame gelowige, is soos Maria ‘n geseënde
- Geseëndes leef onder ‘n nuwe regering.
U kan die volledige preekskets vind deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Lied 354:1, 2 en 4 (vooraf); Psalm 121:1 en 4; Psalm 147: 1 en 5 en Psalm 72:10 en 11.
U kan die videoweergawe van die erediens volg deur hieronder op die pyltjie te klik. Die oudioweergawe vind u deur op “Oudio” op die voorblad te klik.