Die Skriflesing vanaand 18 Desember, is 1 Samuel 25:1 tot 38 met verse 32 en 33 as teksverse.
Dr Douw se tema vir die erediens is :”Jy het die insig van die Gees nodig wanneer ander se dwase besluite dreig om jou van koers te stuur”.
Ons sing vanaand Psalm 84: 2 en 3 (omdigting); Skrifberyming 12-2:1, 4 en 5; Psalm 37:2, 5 en 23.
U kan die videoweergawe van die erediens volg deur hieronder op die pyltjie te klik.