Die tema vir vanoggend, op Kersdag, is : ” Die ‘oormatige’ Kersgebeure rus eenvoudige mense met ‘n strydlied toe.”
Dr Douw lees vanoggend Lukas 2: 1 tot 20 en gebruik verse 13 en 14 as teksverse.
U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing aanvanklik ‘n paar kersliedere en daarna, tydens die erediens, Skrifberyming 12-3 : 1 en 2; Skrifberyming
7-2 : 1 en 2 en Psalm 149 : 1, 2 en 4.
Die volgende kersliedere uit die Liedboek van die Kerk gaan gesing word :
Lied 345 : 1, 2, 3 en 4 – Kom alle getroues
Lied 365 : 1, 2 en 3 – Hoor die blye engellied
Lied 364 : 1, 2 en 3 – Herders op die ope velde
Lied 358 : 1, 2 en 3 – Welkom, o stille nag van vrede en
Lied 348 : 1, 2 en 3 – Stille nag, heilige nag.
U kan die erediens volg deur hieronder op die pyltjie te klik.
Let wel. Daar sal nie vanaand, asook Sondagaand 1 Januarie en Sondagaand 8 Januarie ‘n erediens in ons kerkgebou gehou word nie.
[youtube id=”afsfknvdd-c”]