Die Skriflesing vir vanoggend 12 Februarie se erediens is Matteus 16:13 tot 28 met vers 24 as teksvers. Die tema is :” Kroon ná die kruis – soos my Verlosser”.
- ‘n Volgeling moet homself verloën.
- Soos my Here moet ek ook my kruis opneem.
- Die pad van kruis-opneem, is nie ‘n stukkies, stukkies pad nie.
Die volledige preekskets kan gelees word deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Tydens vanoggend se erediens gaan 6 van ons gemeente se dooplidmate hulle geloof bely en die hele erediens sal dus die besonderse gebeurtenis beklemtoon.
Ons sing vanoggend Psalm 9:7 en 8; Skrifberyming 15-1:2 en 3 (na die geloofsbelydenis); Psalm 118:7 en 14 en Psalm 128:1 en 3(omdigting) na die gelukwensing na die diens .
U kan die erediens en die belydenis van geloof saam met ons op video volg deur op die pyltjie hieronder te klik.