Skip to content
Menu

Die tema vir vanoggend se erediens 26 Maart se erediens is : “Wyser as wys” en die Skriflesing is Spreuke 20:2 tot 21.

  • Wonderlike maar gewone wysheid
  • Uitsonderlike wysheid
  • Uitsonderlike wysheid in die praktyk van die lewe.

Die teksvers waarop dr Douw klem lê is vers 12. U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad van ons webwerf te klik.

Ons sing vanoggend Skrifberyming 8-3: 1 (vooraf); Psalm 121:1 en 2; Psalm 71:6 en 11 (omdigting) en Psalm 139:6 en 7.

U kan saam met ons deelneem aan die erediens se videoweergawe (as die tegnologie ons toelaat) deur te klik op die pyltjie hieronder of op Youtube onderaan die bladsy.

Klankinluisteraars kan klik op “Oudio” op ons webwerf se voorblad.