Die tema van vanoggend Sondag 16 April se erediens, is : ” Die Oorwinnaar plaas sy verlostes op ‘n pad van vurige verwagting”.
- Sonder verwagting ná daardie Sondagmôre !
- Persoonlik gelei tot verwagting daardie Sondagmiddag.
- Verwagting gedeel daardie Sondagaand.
Die Skriflesing vanoggend is Lukas 24:1 tot 35 met vers 14 as teksvers. U sal die volledige preekskets vind as u op “Sketse” op die voorblad klik.
Ons sing vanoggend Psalm 18:1 en 5 (omdigting); Psalm 84:3 en 4; Psalm 130:2 en 3 en Skrifberyming 12-2:2,3 en 5.
U kan deel hê aan die videoweergawe van die erediens deur hieronder op die pyltjie of op “YouTube” te klik. Die klankweergawe vind u deur op “Audio” op die voorblad te klik.