‘n Lank gevoelde behoefte by ons gemeente het gestalte gekry – die saal en kombuis het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Dit is bewerkstellig deur die bestaande mure aan die suidekant van die saal tussen die pilare uit te breek en in die openinge glasskuifdeure aan te bring. ‘n Oordak wat by gebou is, vorm ‘n stoep en, as die deure van die saal almal oop is, kan die stoep ‘n verlengstuk van die saal wees. Die kombuis is ook meer bruikbaar gemaak deur ‘n addisionele deurgeeluik aan te bring. Sover is al die lidmate baie opgewonde en tevrede met die veranderings wat aangebring is !
