Groep 1 en die 18.30-groep behandel Hebreërs 10:19 tot 25. Ons het die afgelope tyd aandag gegee aan die klere van die hoëpriester in die Ou Testamentiese-bedeling en dit telkens deurgetrek van die Nuwe Testamentiese Hoëpriester. In hierdie gedeelte word Jesus Christus se werk as hoëpriester belig.
Noem uit die gedeelte die betekenis wat sy hoëpriesterlike werk vir ons het en sê hoe dit ook op Nagmaal betrekking het. Terloops hoe kan die skrywer sê dat die voorhangsel Jesus Christus se liggaam (vlees)is?