Skip to content
Menu

Die Skriflesing vir vanoggend 24 September se erediens is 1 Tessalonisense 5:1-11 met vers 5 as teksvers. Die tema van die diens is : “Ons is kinders van daardie dag”

  • Ons is kinders van daardie dag en ook kundiges met betrekking tot daardie dag.
  • Mense van daardie dag laat hulle nie in hulle oortuigings meevoer nie.
  • Andersyds moet mense nie meegevoer word deur vrees vir die wederkoms nie.
  • Mense van daardie dag is kinders van die lig.

Die volledige preeksets vind  deur te klik op “Sketse” op die voorblad van ons webwerf.

Ons sing vanoggend Psalm 49:5 en 6 (omdigting); Psalm 104:19, 20 en 21; Psalm 42:1 en Psalm 43:2 (direk namekaar) se omdigting en Skrifberyming 2-4:1 en 3.

U kan saam met ons deel hê aan die erediens deur te klik op die pyltjie hieronder of op YouTube.