Vir vanaand se erediens ruil dr Douw en ds Christo Swanepoel van die Gk Lyttleton, kansels.
Die Skriflesing vir vanaand se erediens is Hebreërs 11:1 tot 10 en Hebreërs 12:1 tot 3. Die teksvers is verse 1 en 2 van hoofstuk 12.
Die tema vir vanaand se erediens is : “Die Here versterk die gelowige in die wedloop van die lewe “
- Die gelowige se lewe is ‘n wedloop.
- Die gelowige word afgerig vir die lewe.
- Die gelowige word versterk tydens die wedloop.
Ons sing vanaand Psalm 149:1 en 2; Psalm 18:15; Skrifberyming 12-2 as gebed en Skrifberyming 15-7: 4 en 5.
U kan ook na die videoweergwe inkyk deur hieronder te klik.