Skip to content
Menu

Dr Douw is tans in Europa waartydens hy die konferensie te Wittenberg (Duitsland) mb.t. die Hervorming namens die GKSA sal bywoon en take gaan verrig as lid van een van die kommissies van die konferensie.

Vanoggend se erediens word gelei deur dr Johannes Bingle, emerituspredikant van Windhoek.

Dr Johannes se liturgie vir die oggend vind u deur te klik op “Sketse” op ons webwerf se voorblad. Hy gaan die tema van die erediens “Die Verlossernaam:’n vatlike kode” behandel aan die hand van Eksodus 14:21 tot 27 en Matteus 1:21.

Ons sing vanoggend Skrifberyming 1-6:1,2 en 3; Lied 478:4; Psalm 32: 2 (omdigting); Psalm 66:6 en Skrifberyming 2-6:3,4 en 7.

U kan deel hê aan die erediens deur hieronder op die pyltjie (driehoekie) of op YouTube te klik.