Dr Malan van Rhyn van die GK Pretoria-Noord lei vanaand die erediens met die tema : “Om God te ken oortref selfs voorspoed !”. Die Skriflesing is Filippense 3 met vers 8 as teksvers.
- 1. Teleurgesteld in die Here?
- 2. Verstaan jy wat goedgaan is?
- 3. Verstaan jy wat God doen?
- 4. God wil dat ons Hom sal ken en sy wil sal soek.
Ons sing vanaand Psalm 46:1 en 6; Psalm 74:1,7,8 en 9; Skrifberyming 14-2 en Skrifberyming 15-1:1,2,3 en 4.
U kan die erediens volg deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.