Die Skriflesing vir vanoggend 4 Februarie is Lukas 2:41 tot 52 en die teksvers is vers 49.
Die tema wat dr Douw vir die erediens gebruik, is :“Broodnodige onrus en broodnodige rus in my geloof”
Die preekskets wat betrekking het op die preek, vind u as u op hierdie webwerf se voorblad op “Sketse” klik.
Ons sing vanoggend lied 231:1 en 3 (vooraf); Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 84:2 en 3 en Psalm 45 : 1 (almal sing), 5 (net susters), 6 (broeders) en 16 (almal).
Tydens die opneem van die kollekte vir barmhartigheid kan u luister na die orrelspel. Dit is ‘n verwerking deur Robert Farrell van die lofsang Skrifberyming 12-3 met die opskrif “Schönster Herr Jesu”
U is hartlik welkom om deel te neem aan ons erediens en u doen dit deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.
U is welkom om kommentaar op ons uitsendings en inligting te lewer en deur te stuur na ons administratiewe kantoor by mwgkw@mweb.co.za