Dit is met groot vreugde en met dankbaarheid teenoor die Here dat ons bekend kan maak dat die volgende lidmate in die onderskeie ampte vandag bevestig is : as diakens sr Kilayne Pelser en die broers Ewald en Ruan Landsberg; as ouderlinge brs Frans Schutte en Kobe van Wyk.
Aangesien hulle uit die gemeente vertrek, is losmaking uit die amp van ouderling verleen aan br Dewald de Beer en uit die amp van diaken br Stefan van der Walt.