Skip to content
Menu

Die Skriflesing tydens vanoggend 11 Februarie se erediens is die hoogtepunt van die diens en dit kom uit 1 Petrus 2:1 tot 3:7. Die teksvers wat dr Douw gebruik is 1 Petrus 2:11 en 12.

Die tema is “Leef ‘n lewe wat afstuur op ‘n spesifieke erkenning”

  • Dit is na ‘n spesifieke erkenning waarheen my lewe stuur
  • Dit is veranderde mense wie se lewe na hierdie erkenning heen stuur
  • Leef dan nou as veranderde mens, Gelowige.

– Eerstens moet die verandering wat God bewerk het, innerlik gestalte vind.                                                                             – Tweedens moet die verandering wat God in my bewerk het, ook in my gewone lewe van elke dag gestalte vind.

Die volledige preekskets vind u op die voorblad van ons webwerf deur daar op die skakel “Sketse” te klik.

Ons sing vanoggend Lied 476 uit die Liedboek van die Kerk  (vooraf); Psalm 145:2,4 en 8; Psalm 61:1,2 en 3 (melodie Voortrekkerwysie van Psalm 38) en Psalm 40:2 en 5. Na die uitspreek van die seën, sing die gemeente die Amen (Skr 12-3).

Tydens die opneem van die kollekte vir barmhartigheidsfunksie van die diakens speel sr Ansie Wichmann, ons orrelis, ‘n improvisasie van Psalm 145.

U is weerens baie welkom om aan die erediens via video of oudio deel te neem.