AFSKOPFUNKSIE/PIEKNIEK
Sing ‘n lawwe liedjie, in ‘n blommetuin.
Sing ‘n lawwe liedjie, met lekker kos en wyn.
Sing ‘n lawwe liedjie, want ons gaan piekniek hou.
Sing ‘n lawwe liedjie, leer ken my gou, gou, gou.
25 Februarie aangeteken? Piekniekkombers uitgeskud? Opvoustoele reggesit? Wyn/sap op die ys? Dan is jy reg vir ons gemeente se afskopfunksie.
Kom kuier, kom eet, kom bewonder die mooi tuin met aanhalings uit bekende Afrikaanse liedjies en leer jou medelidmate ken sodat jy deel kan wees van die Waterkloofrandfamilie.
Jy moet sorg vir jou eie eetgerei en drinkgoed. Toegang by die hek is R20 per motor as jy noem dat jy na die liedjietuin gaan.
Handig asseblief jou gemerkte piekniekmandjie, klaar gepak met jou eetgerei, vandag of voor Saterdag 24 Februarie by die saal in (ook ‘n spaar een, indien jy het, vir die persoon/gesin wat nog nooit die genot van ‘n piekniek ervaar het nie). Die Sondagoggend na die diens wag daar ‘n heerlike verrassing op jou met ‘n mandjie vol eetgoed wat jy dan saamneem na die Voortrekker Monument se liedjietuin toe.
Vul asseblief onderstaande skeurstrokie in en plaas dit in die kollektesakkie.
Naam: …………………………………………………………………………………………………….
Volw en H/s kinders: ..……….. L/s kinders: …………. Voorskoolkinders: ….……..
Ek kan ………………. (hoeveel) piekniekmandjies verskaf.