Skip to content
Menu

Die Skriflesing tydens vanoggend 18 Februarie se erediens is 1 Petrus 2:11 tot 12 en 18 tot 25 en vers 21 is die teksvers. Die tema wat dr Douw gaan behandel, is “Nie in onreg passiewe oorgawe nie, maar aktief in stille vertroue.”

U vind die volledige preekskets deur te klik op “Sketse” op hierdie webwerf se voorblad.

Ons sing vanoggend Lied 304:1 en 2 (vooraf); Psalm 118:7 en 8; Psalm 77:5 en 6 en Skrifberyming 5-2:5,7 en 8.

Tydens die kollekte vir barmhartigheidswerk gaan ons orreliste Ansie Wichmann vir ons op die orrel ‘n verwerking deur Jan Mulder van Lied 304, “The old 100th”, speel.

U is soos altyd welkom om deur middel van die video- of oudiouitsendings in te kyk of in te luister.