Skip to content
Menu

Die Skriflesing vir vanoggend 4 Maart se erediens is Rigters 13 met vers 5c as teksvers. Dr Douw se tema vir hierdie erediens is :“Die Koning verlos sy afgesonderdes uit hulle gewoontevormende verknegting”

Die volledige preekskets vind u onder die skakel “Sketse” op ons webwerf se voorblad.

Ons sing vanoggend Lied 458:1 en 3 (vooraf); Psalm 68:9 en 15; Psalm 82:1 en Psalm 16:1 en 3.

Ons nooi graag uit om deel te neem aan ons erediens deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.

Tydens die opneem van die kollekte vir die barmhartigheidswerk wat die diakens verrig, speel Ansie op die orrel  Jan Mulder se verwerking van lied 458 “Now thank we all our God”.