Die Skriflesing tydens vanoggend 25 Maart se erediens is Johannes 18:28 tot 40 met vers 36a as teksvers.
Die tema is :“Deur die Koning-van-bo kom daar tussen ander ryke ‘n waarheidsryk tot stand”
- Tussen die aardse ryke kom daar ‘n ryk wat lyk of dit van geen betekenis is nie.
- Hierdie ryk is in sy oorsprong anders as alle ander ryke.
- Hierdie is ‘n waarheidsryk van ware betekenis.
U kan die volledige preekskets lees deur te klik op :”Sketse” op die voorblad.
Ons sing vanoggend Lied 592:1 en 2 (vooraf); Psalm 122:1 en 2; Psalm 130 ;2 en 4 en Skrifberyming 5-3:3,4 en 5.
U is hartlik welkom om saam met ons deel te hê aan die erediens. Klik net hieronder op die driehoekie of op YouTube.