Vanaand 8 April se erediens word gelei deur ds Fanus Heystek, emerituspredikant.
Die tema vir vanaand se erediens is :“Van oordeelsdag tot Bruilofsmaal” met Sefanja 1:2 en 3; 1;12 tot 18 en 3:14 tot 17 as Skriflesing. Die teksverse is 1:2 en 3:17.
Sefanja word aangehaal deur die woorde van 3:14 :Die Here jou God ….jubel en juig oor jou” Daar is egter ‘n hele aanloop voor Sefanja, deur die Heilige Gees gelei, by die ryke vertroosting uitkom. Oorsigtelik beskou, ontdek ons hier ‘n vorm van Ou Testamentiese heilsorde. Hoe God ons lei van oordeelsdag na bruilofsfees.
Ons sing vanaand Skrifberyming 1-6:1 en 3; Psalm 1261 en 2 en Lied 281:1 tot 3.