Skip to content
Menu

Vanaand, 10 Mei, se erediens is ‘n spesiale erediens met die oog op die herdenking van die hemelvaart van ons Here Jesus. Dit is ook spesiaal aangesien ons buurgemeente, Pretoria-Alkantrant vanaand ons gaste is. Die erediens word gelei deur ons predikant, dr Douw Breed.

Die Skriflesing is Openbaring 1:9 tot 20 en die tema is : “Die verheerlikte Christus – nie oorlewing nie maar oorwinning”. U vind die preekskets deur te klik op Sketse op ons voorblad.

Ons sing vanaand Psalm 118:12 en 13, Skrifberyming 10-1:1,2 en 4; Skrifberming 5-3:1,2,4 en 5 en Skrifberyming      7-2:1 en 2.

Deur hieronder op die driehoekie en op YouTube te klik kan u inloer op die videoweergawe van die erediens of u kan inluister deur te klik op Oudio op die voorblad..